

ADVERTISEMENT:

News Date: 08 October 2010
As sakeman het Joubert Fourie van Limpopo Melkery weinig bekendstelling nodig. Deur die jare het hy en die melkery al talle nasionale toekennings opgeraap vir uitstaande prestasies in die suiwelbedryf.
Op Vrydag, 1 Oktober het hy nog so ‘n toptoekkening op sy kerfstok geplaas, toe hy deur die Landbouskrywers SA (Noord) as Limpopo se Boer van die Jaar aangewys is. Wat hierdie toekenning uniek maak, is dat Joubert meegeding het teen kandidate vanoor die hele landbouspektrum, nie net uit die suiwelbedryf nie.
Landbouskrywers SA (Noord) is ‘n organisasie vir persone wat betrokke is by media, skakeling en landboujoernalistiek in Limpopo, Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Jaarliks bied die organisasie ‘n kompetisie aan vir Boer van die Jaar, Landboukundige van die Jaar en Ontwikkelende Boer van die Jaar. Om in aanmerking te kom vir die toekennings, moet lede van Landbouskrywers SA (Noord) kandidate benoem. Die benoeming moet vergesel word van ‘n uitgebreide motivering wat aan ‘n paneel beoordelaars voorgelê word vir beslissing. Die kompetisie het dit ten doel om die belangrike rol wat boere en landboukundiges in die Suid-Afrikaanse landbousektor speel, uit te lig.
Joubert bestuur die familieplaas buite Louis Trichardt onder die naam Ledig Trust. Twee maatskappye, Limpopo Melkery (Louis Trichardt) en Hygienic Dairies (Polokwane), maak deel uit van die trust, asook die beslote korporasie, Tobie Fourie & Seuns. Vir veral inwoners van die Soutpansberg is Limpopo Melkery se produktereeks welbekend.
Joubert se betrokkenheid in die suiwelbedryf was sekerlik een van die faktore wat die beoordelaars se besluit in sy guns geswaai het. In Augustus vanjaar is hy verkies tot nasionale ondervoorsitter van die Melkprodusente-Organisasie (MPO). Hy is ook vanjaar vir ‘n tweede termyn die voorsitter van MPO Noord vir die provinsies Noordwes, Limpopo, Gauteng en Mpumalanga, en sedert 2005 was hy telkens onder die top drie finaliste van die Meestersuiwelboer Noord-kompetisie. In 2006/7 het hy ook hierdie kompetisie gewen.
Joubert vorm nou deel van die groep finaliste waaruit Landbouskrywers SA hul nasionale wenners in die drie kategorieë sal aanwys. Dit vind op 12 November tydens ‘n gala-aand in Port Elizabeth plaas.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
