ADVERTISEMENT:

 

Streekslanddros Ronnie Rambau. Foto verskaf.

Saak teen regsmanne uitgestel tot 2011

 

News  Date: 22 October 2010

 

Die korrupsiesaak teen drie regsmanne van Musina sloer steeds voort en sal nou eers volgende jaar hervat word.

Streekslanddros Ronnie Rambau, streeksaanklaer Estene Willemse en T. E. Lubisi, ‘n prokureur van Musina, word daarvan beskuldig dat hulle glo omkoopgeld aanvaar het om die uitkoms van hofsake te beïnvloed. Die klagstaat wat teen die drie geformuleer is, beslaan bykans sewe bladsye. Die hoofaanklag wat teen hulle geformuleer is, is vir beweerde korrupsie en sameswering om korrupsie te pleeg.

Die aanklagte teen die drie hou verband met ‘n voorval in Februarie vanjaar, toe hulle tydens ‘n polisielokval in hegtenis geneem is. Tydens die lokval is gemerkte geld by Lubisi, Willemse en Rambau gekry, wat deur ‘n polisieinformant betaal is om die uitspraak van ‘n sekere saak te beïnvloed.

Rambau, Willemse en Lubisi se saak het verlede week ‘n aanvang geneem in die Musina Landdroshof. Al drie het onskuldig gepleit op al die aanklagte. Willemse het egter geswyg en geen verduidelikings aangebied nie.

Die saak teen die drie is uitgestel na 7 tot 11 April volgende jaar.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines