ADVERTISEMENT:

 

Munisipaliteit versuim om graf te grawe

 

News  Date: 24 December 2010

 

“Dit is die laaste ding wat mens op so ‘n dag nodig het. By die kerk dra die familie al die kis in, terwyl die graf nog nie eers oopgegrawe is nie.”

Dit was die reaksie van ‘n familielid wat verlede Woensdag haar ouma, wyle mev. Ria Kock (70), se begrafnisdiens op Louis Trichardt bygewoon het. Tot hul skok is familielede te midde van hul hartseer skaars ‘n halfuur voordat die diens sou begin, ingelig dat die munisipaliteit versuim het om die graf te grawe. Dit nadat die begrafnisondernemer reeds die nodige reëlings getref het en betaling aan die munisipaliteit gemaak het.

Inderhaas is daar rondgeskakel om iemand te vind wat kon help om die graf oop te maak. Redding het gekom in die vorm van mnr. Rampie Gilfillan van Bridge Auto, wat een van hul tru-grawers beskikbaar gestel het. Met die begrafnisstoet se aankoms by die munisipale begraafplaas, was die graf pas klaar gegrawe en moes begrafnisgangers vir ‘n kort wyle wag sodat die finale voorbereidings gedoen kon word.

Dit is nie die eerste keer hierdie jaar dat die Makhado Munisipaliteit versuim het om ‘n graf gereed te kry vir ‘n begrafnis nie. Later sou dit ook aan die lig kom dat die munisipale werker wat getaak was om die graf oop te grawe, na bewering besope was.

By navraag het munisipale woordvoerder, mnr. Louis Bobodi, Maandagoggend gesê dit is die eerste woord wat hy van die voorval hoor. Hy het onderneem dat die munisipaliteit onmiddellik ondersoek sal instel na die voorval en die bewering dat die munisipale beampte wat veronderstel was om die gat te grawe onder die invloed van alkohol was.

“Sou dit gebeur het wat beweer word, sien die munisipaliteit dit in ‘n baie, baie ernstige lig,” het Bobodi gesê. In dieselfde asem het hy namens die munisipaliteit die familie om verskoning gevra vir die verdere hartseer wat hulle veroorsaak is.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines