

ADVERTISEMENT:

News Date: 28 January 2011
‘n Vier-trek pretrit op Louis Trichardt het die afgelope naweek lelik skeefgeloop toe ‘n voertuig in ‘n modderpoel onder die brug in Stubbsstraat vasgeval het.
‘n Kettingreeks reddingspogings het gevolg, toe die een reddingsvoertuig na die ander ook getroef is deur die diep modder, ná die onlangse oorvloedige reens. ‘n Gewilde veldfietsroete loop onderdeur die brug.
Een van die reddingsvoertuie, ‘n tru-grawer, het eindelik die oorspronklike voertuig uitgehelp, maar self onbeweeglik vasgeval in die diep modderkuil.
Nog ‘n tru-grawer en ‘n reddingsvoertuig van ‘n plaaslike insleepdiens het uiteindelik Sondag namiddag die erg-besmeerde tru-grawer uit die modder gesleep.
Verskeie voertuie het op die pad bo die brug geparkeer en toeskouers het oor die brugreëlings die modderrige petalje daar onder aanskou.
Herstelwerk aan die “verdrinkte” tru-grawer is tot Dinsdag voortgesit.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
