ADVERTISEMENT:

 

Els en Uys sal saam verskyn

 

News  Date: 04 February 2011

 

Jacques Els (37), wat verlede Vrydag weer in die hof op Musina verskyn het op klagte van die onwettige besit en verkoop van renosterhorings sonder die nodige toestemming of permitte, se borg is verleng.

Els word daarvan beskuldig dat hy verlede jaar ongeveer 30 renosterhorings van mnr. Tom Fourie (51), in daardie stadium die bestuurder van die Maremani Natuurreservaat, aangekoop het. Hy het homself destyds aan die polisie oorgegee met Fourie se tweede hofverskyning en is op R30 000 borg vrygelaat. Fourie het intussen selfmoord gepleeg.

Els se saak is uitgestel tot 18 Maart wanneer hy saam met André Uys, ´n veearts van Thabazimbi, in die hof sal verskyn. Uys is op klagte wat verband hou met die onwettige onthoring van renosters gearresteer en het op 21 Januarie in die hof op Musina verskyn. Uys sou glo gedurende Oktober 2009 15 renosters op Maremani, waar Fourie werksaam was, onthoring het sonder die nodige permitte.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines