

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 February 2011
Die Hangklip Duiweklub op Louis Trichardt het met ‘n vindingryke fondsinsamelingsprojek ‘n bedrag van R10 000 aan Ons Tuiste op die dorp besorg.
Die klub het verlede jaar plaaslike sakeondernemings genader om bepaalde duiwe in drie wedvlugte te borg. Die bedrag geld wat met die geborgde wedvlugte ingesamel is, het prysgeld vir die wenners opgelewer en die res van die geld is gelykop verdeel tussen die klub se boufonds en Ons Tuiste.
Die duif wat deur Sandberg Vervoer geborg is, het die meeste punte ingesamel, gevolg deur Hippo Lodge en Turners se duiwe.
Met die oorhandiging van die tjek aan Ons Tuiste vandeesweek, het die bestuurder van die tehuis vir bejaardes, me. Kittie de Bruin, groot waardering uitgespreek teenoor die klub en almal wat meegedoen het om die bedrag in te samel. “Ons het hoë waardering vir hierdie beduidende bydrae. Ons het 80 mense wat daagliks volledig versorg moet word en dit stel noodwendig geweldige hoë finansiële eise,” het sy gesê.
Mnr. Nico Bezuidenhout, voorsitter van die Hangklip Duiweklub, het die gesindheid geloof waarin die sakeondernemings deelgeneem het. Hy het die klub se dank uitgespreek teenoor almal.
Die ondernemings wat duiwe vir die wedvlugte geborg het, was Elim SPAR, Sandberg Vervoer, Laeveld Stene, Christo Boerdery, Woodstock, Hippo Lodge, Venda Funerals, Firefly, Bridge Motors, P&O Meeldepot, Turners, KM Engineering, Power Vac, Archer Paints, Vhavenda Bricks, Madikor Sestien, Wilmar Fruit/Veg, Burco, LCV Promotions, Danedie, GWM, Robin Hood, Du Toit´s Bande, Limpopo Melkery en Pretorius Boerdery.
Die duiweklub se volledige nuwe bestuur vir 2011 is Nico Bezuidenhout (voorsitter), Ben Pienaar (ondervoorsitter), Johan Seegers (sekretaris/tesourier) en Marian Pienaar (wedvlugsekretaresse). Die klokkomitee- en meegaande lede is Fred Fritz, Karel Volschenk, Eric Nel en Nickie Dercksen.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
