

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 March 2011
Inwoners van die Soutpansberg het Dinsdag met hartseer verneem van die dood van mnr. Danie Voges (76).
Wyle Danie is op 6 Junie 1934 op die plaas Driehoek, Blesmanspos, in die Noord-Kaap gebore en voltooi sy laer- en hoërskoolloopane onderskeidelik aan Laerskool Kameeldrif en Hoërskool Reivilo.
As jong man het Danie sy klerkskap by Altman en Brugmann ouditeure in Johannesburg begin. Daarna was hy werksaam by De Jager, Venter en Kie op die destydse Potgietersrus, waarna hy eers na hul kantoor op Tzaneen verplaas word en in Oktober 1961 na die Louis Trichardt-kantoor (vandag bekend as Venter, Viljoen & Malan).
In Tzaneen het Danie vir Gerrie ontmoet en op 29 Desember 1962 is die egpaar getroud. Vir die laaste 47 jaar was Danie baie betrokke by die kerk en verskeie kultuurorganisasies op Louis Trichardt.
“Hy het die gemeenskap met woord en daad gedien,” sê die familie.
‘n Roudiens vind Vrydag, 4 Maart om 10:00 vanuit die NG Kerk Soutpansberg, onder leiding van dr. Philip Venter, vir wyle Danie plaas. Hy word oorleef deur sy vrou Gerrie, kinders Pieter, Christel, Niel en Jean en kleindogters Gerda, Marietjie en Kristie.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
