ADVERTISEMENT:

 

Jong vlieënier sterf kort ná eerste solo-vlug

 

News  Date: 11 March 2011

 

‘n Jong leerlingvlieënier wat pas sy vliegopleiding by 85 Gevegskool by LMB Makhado voltooi het, is laat Dinsdagmiddag kort na sy eerste solovlug oorlede.

Lt. Richard Llewelyn Levis (24) het volgens inligting inmekaargesak, nadat hy in ´n ysbad gedoop is. Die lugmag se mediese personeel het probeer om hom te help, maar hy het op die toneel gesterf.

LMB Makhado woordvoerder, sers. Thomas Mulaudzi, het Woensdagoggend die voorval bevestig en gesê dat die lugmag ‘n ondersoekspan van Pretoria gestuur het om die oorsaak na Levis se dood te ondersoek.

Teen druktyd het die lugmag nog gewag vir die ondersoekspan, asook Levis se ouers wat vanaf Vryburg op pad was na die basis. Eers dan sal verdere inligting bekend gemaak word.

Plaaslike polisiewoordvoerder, kapt. Maano Sadike, het bevestig dat daar ´n nadoodse ondersoek geopen is na Levis se afsterwe.

Die Makhado LMB het intussen hulle innige medelye aan die Levis-gesin oorgedra.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines