

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 February 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die munisipaliteit se Tegniese Departement is tans besig met noodsaaklike onderhoud en herstelwerk aan die hoofpyplyn wat water vanaf die Albasinidam na die reservoir in die dorp voer.
Dit kan gebeur dat verbruikers in die dorp vir die volgende dag of drie dalk nie helder water vir huishoudelike gebruik sal ontvang nie. Met onderhoud en herstelwerk gebeur dit dat die water troebel raak. Die kwaliteit van die water word egter nie beïnvloed nie en dit bly steeds geskik vir huishoudelike verbruik aangesien geen skadelike stowwe teenwoordig is nie.
Die plaaslike Raad het ook reeds navrae hieroor gehad, onder andere van die Hartstigting. Hierop het die waarnemende ingenieur, mnr. Gideon van Zyl, die verteenwoordiger genooi om watermonsters te neem en haarself te vergewis van die kwaliteit van die water.
Lede van die publiek met enige verdere navrae oor die kwaliteit van die water word uitgenooi om met die kantoor van die Munisipale Bestuurder, mnr. Reuben Rambado, te skakel by tel. (015) 519 3000.

ADVERTISEMENT:
