

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 April 2011
Vriende en familie het verlede week finaal afskeid geneem van oom Henry Schoeman.
Oom Henry (67) is verlede Woensdag vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente begrawe, nadat hy op 18 Maart weens ‘n bloedklont deur die hart gesterf het. Hy is dood op sy vrou, tannie Hester, se verjaardag, nadat hy die laaste paar weke baie sieklik was.
Baie sal Oom Henry onthou vir die plantjies wat hy in die parkeerterrein voor Foodzone verkoop het. Ander sal hom egter onthou as iemand wat altyd ‘n oop deur gehad het as dit gekom het by hulp en berading.
“Hy het altyd tyd en raad gehad vir almal,” vertel Tannie Hester. Sy sê sy sal sy saggeaardheid en blou oë baie mis. Hoe anders, vir ‘n paartjie wat vir 42 jaar getroud was?
Wyle Oom Henry en Tannie Hester het aanvanklik in Hektorspruit se wêreld geboer. Hulle het toe na Louis Trichardt verhuis waar Oom Henry vir lank werksaam was as werkswinkelbestuurder by die destydse Intercity Delta.
Tannie Hester het haar dank uitgespreek teenoor almal wat haar ondersteun het met en na afloop van Oom Henry se dood. Sy het gesê dat alhoewel sy nie graag wil uitsonder nie, daar egter ‘n paar mense is wie sy spesiaal wil bedank. Mense soos Manie en Triema Grobler en hul gesin, ds. Jan Pretorius, Koba Levine, Maureen Biza, Sarah, dr. Catryn Maritz, dr. Raymond de Swart, dr. Piet Venter, dr. Anton Stroebel, dr. Emile Gaigher, dr. Casper Venter, die personeel van die Zoutpansberg Privaat Hospitaal en Jan Brink van Avbob.
“Baie dankie ook aan my kinders wat my bygestaan het,” sê Tannie Hester.
Wyle Oom Henry word oorleef deur sy vrou, sewe kinders en 12 kleinkinders.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
