ADVERTISEMENT:

 

Op vyfjarige ouderdom word Andrew McEwan Johnson van Waterpoort deur familie en vriende beskou as een van die moedigste engeltjies op aarde. Hy lei aan Waardenburg Shah Sindroom en is onlangs ook gediagnoseer met neuropatie. Foto verskaf.

Te midde van die ´seerkry´ huil hy amper nooit

 

News  Date: 22 April 2011

 

Op vyfjarige ouderdom word Andrew McEwan Johnson van Waterpoort deur familie en vriende beskou as een van die moedigste engeltjies op aarde.

Hy lei aan Waardenburg Shah Sindroom, met neurologiese probleme, en is onlangs ook gediagnoseer met neuropatie wat hom moontlik later in ‘n rolstoel kan vaskluister. Verstandelik is daar egter niks verkeerd met klein Andrew nie en toon hy ‘n verstommende vaardigheid met rekenaars.

Waardenburg Shah Sindroom is ‘n uiters seldsame siekte, met slegs sowat 30 gevalle wat wêreldwyd aangeteken is. Sedert geboorte is klein Andrew gereeld in en uit die hospitaal en ondergaan hy jaarliks ‘n groot hoeveelheid toetse, behandelings en terapie. Te midde van al die “seerkry” huil hy egter amper nooit nie.

Daar lê nog ‘n lang en moeilike pad vir klein Andrew voor, met Pa Fred en Ma Mia wat ook maar sukkel om by te bly met die mediese onkoste. Derhalwe het die Waterpoort-gemeenskap, in samewerking met Charles Pieterse Prokureurs en die Andrew Johnson Komitee, besluit om ‘n fonds te stig om die familie finansieel by te staan.

As een van hul eerste fondsinsamelingsprojekte tree Arno Jordaan op 6 Mei by die Dissiplek Hengeloord op. Mense word versoek om die projek te ondersteun. Die optrede begin om 18:00 en kaartjies kos R120 per volwassene, R60 vir hoërskoolkinders en R40 vir laerskoolkinders. Golden Circle kaartjies is beskikbaar teen R200 per persoon (slegs 50 plekke beskikbaar). Toegang vir kinders onder ses is gratis. Worsbroodjies en braaipakkies sal verkoop word. Pap en sous sal voorsien word en daar sal ook ‘n kontantkroeg wees. Onthou ook om ‘n ekstra geldjie saam te bring vir die veiling. Alle fondse wat geïn word, sal gaan ten bate van die Andrew Johnson Fonds.

Vir meer inligting en kaartjies, skakel Kobie Fourie (082 651 7383), Renske van der Walt (082 780 7513), Susan le Roux (083 390 6550), Liandra Greyson (082 578 9825) of Celia Storm (083 412 1731).

Persone wat slegs ‘n bydrae tot die fonds wil maak, hoe gering ookal, kan betalings maak aan die Andrew Johnson Fonds, Eerste Nasionale Bank, Louis Trichardt (takkode 260149), tjekrekening 62306674400.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines