

ADVERTISEMENT:

News Date: 13 May 2011
‘n Vyf-en-vyftigjarige inwoner van Louis Trichardt is Dinsdagmiddag dood, nadat hy vermoedelik sy eie lewe geneem het.
Mnr. Pieter Strydom is dood aangetref in sy woonstel in Devenishstraat.
Volgens inligting het bure kort ná middagete ‘n geweerskoot gehoor en dadelik die polisie en dorpswag gekontak om ondersoek in te stel. Strydom se liggaam is in ‘n knielende posisie langs sy bed gevind met ‘n noodlottige kopwond.
Makhado polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike het na die voorval gesê hulle vermoed geen gemene spel nie en het voorlopig ‘n geregtelike doodsondersoek geloods.
“Daar is ‘n vuurwapen in die huis gekry, maar geen brief nie,” het Sadike gesê.
Strydom word oorleef deur sy vrou Thelma, seun PJ en dogter Leandri van der Westhuizen. Teen druktyd was die familie nog besig om begrafnisreëlings te finaliseer.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
