ADVERTISEMENT:

 

Wyle Leon Erasmus (38). Foto verskaf.

´Hy het nog soveel dinge gehad om voor te leef´

 

News  Date: 13 May 2011

 

"Hy het nog baie dinge gehad om voor te leef,” was die woorde van mnr. Leon Ersamus (38) se vrou, nadat hy langs haar onderweg huis toe gesterf het.

Erasmus het vroeg Dinsdagoggend gekla van borspyn. Christa, sy vrou het hom na die Louis Trichardt Gedenkhospitaal geneem, waar hy in die ongevalle eenheid opgeneem is.

Terwyl Christa haar man se mediese lêer by die administrasiekantoor gaan haal het, is Leon se bloeddruk geneem, waarna hy op ‘n drip gesit is. Die verpleegster wat hom gehelp het, het glo egter gesê dat hy tot 14:00 daar sou moes wag vir ‘n dokter om hom te ondersoek.

Intussen het Christa nog probeer om die lêer in die hande te kry. Na etlike ure verloop het, het Leon sy drip uitgetrek en vir Christa gesê dat hulle eerder moet ry. Omdat Leon steeds borspyn gehad het, wou Christa hom eerder na die Prognos Sentrum neem, maar Leon wou eers die badkamer by die huis gebruik.

Oppad huistoe, vertel Christa, het Leon nog met haar gesels toe hy skielik in ´n spasma gegaan het. Sy het gestop om noodhulp toe te pas en ‘n verbygaande motoris het haar gehelp om Leon by die Zoutpansberg Privaathospitaal te kry. Met hulle aankoms by die hospitaal is Leon egter dood verklaar.

“Dit is nie lekker om alleen agter te bly nie,” het Christa gesê.

Leon word oorleef deur sy vrou, ma Alta en twee susters. Hy word Vrydag vanuit die Apostoliese Kerk op Louis Trichardt begrawe. Christa het haar waardering uitgespreek teenoor drs. Anton Stroebel en Casper Venter, asook sr. Adri van Zyl vir hulle bystand.

 

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines