

ADVERTISEMENT:

News Date: 20 May 2011
Karkasse moet maar net lê en ontbind, terwyl veeartse ‘n aanhoudende stryd met die Makhado Munisipaliteit voer om die dooie diere vinnig te kom verwyder.
Hierdie week het daar ´n verstikkende walm om die ontbindende karkas van ‘n swartwitpens gehang. Brommers het reeds toegesak op die karkas, wat al drie dae gelê het. Die vrieskas was oorlopens toe vol met hondekarkasse. Enige verdere karkasse sou buite die vrieskas op ‘n hoop gegooi moes word.
Me. Heletta van Zyl, assistent by Bouberg Dierekliniek, het vroeg Maandagoggend (16de) die munisipaliteit geskakel en gevra om die karkasse te kom verwyder en hulle verseker van die dringendheid van die saak. “Ek het ‘n belofte van Elias ontvang dat hulle 10:00 sou kom, maar dit het nie gebeur nie. Opvolgoproepe is doodgedruk,” het Van Zyl gesê. Daarna het dr. Freddie Harris geskakel, maar die oproep is ook doodgedruk.
Dr. Gerhard Klopper, een van die veeartse by die kliniek, sê dat die situasie al twee of drie jaar aan die gang is. “Ons bel hulle en vra dat hulle die karkasse moet kom haal, dan sê hulle hulle is besig, hulle sal later kom. Die mees algemene antwoord is dat hulle in ‘n vergadering is. Hulle neem hulle tyd en kom partykeer een tot twee dae later. Hulle kan nie so versuim om die karkasse te kom haal nie, want dit is ‘n groot gesondheidsrisiko,” sê Kloppers.
Nie alleen hinder die stank en die brommers die bure nie, maar sommige van die honde het gevaarlike siektes, soos hondsdolheid, gehad. Die gemeenskap word dan aan die ontbindende diere se liggaamsvloeistowwe en siektes blootgestel.
Die woordvoerder van die munisipaliteit, mnr. Louis Bobodi, is Maandag tussen 12 :00 en 13:00 ingelig omtrent die situasie wat ‘n gesondheidsgevaar skep. Bobodi het later die dag gerapporteer dat die betrokke beamptes gesê het dat hulle reeds die oggend die karkasse verwyder het. Volgens Blouberg Dierekliniek het die amptenare om 14:20 opgedaag en aanvanklik slegs die honde uit die vrieskas verwyder, aangesien hulle voertuig nie groot genoeg was vir die swartwitpens se karkas nie. Later het hulle met ‘n groot vullistrok gekom en dié ook verwyder.
Klopper het gesê dat die versuim om die karkasse te verwyder die reël eerder as die uitsondering is. “Hule vat net bloot te lank om uit te kom. In die somer is dit chaos. Ek het nie ‘n probleem om die karkasse self weg te ry nie, maar die vraag is, waarnatoe neem jy dit,” sê Klopper.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
