ADVERTISEMENT:

 

´Al is jou plekkie leg, bly jy in ons harte´

 

News  Date: 20 May 2011

 

Inwoners het die afgelope naweek met hartseer verneem van die dood van klein Leanie Lettie Botha, babadogter van Hannes en Mercia Botha van Louis Trichardt.

Klein Leanie is ‘n dag na haar geboorte op 13 Mei oorlede. Sy sal Donderdag, 19 Mei om 11:00 vanuit die Volle Evangelie Kerk op die hoek van Rissik- en Burgerstraat begrawe word.

Die familie het hul dank en waardering uitgespreek teenoor drs. Anton Stroebel, Casper Venter en Anneke Malan, die personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal, die personeel van die Mangkweng Hospitaal, past. Stefan Pieterse en die Volle Envangelie-gemeente en Jan Brink van Avbob. Dank is ook uitgespreek teenoor almal wat hulp aangebied het of finansiële bydraes gemaak het.

“Al is jou plekkie leeg hier by ons, sal jy altyd in ons harte bly,” was die familie se afskeidsgroete.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines