

ADVERTISEMENT:

News Date: 20 May 2011
Talentvolle pianis en oud-Triegie Diederick Potgieter het ‘n geslaagde uitvoering in Burgh House in Hampstead, ‘n Londense spogbuurt, gegee.
Die optrede was ten bate van Burgh House, ‘n museum. Barclays Bank, waar Potgieter werksaam is, het onderneem om dieselfde bedrag as wat deur die kaartjieverkope ingesamel is, te skenk. Alle kaartjies was uitverkoop.
Die optrede, getiteld Valentine’s Recital, het op 13 Februarie vanjaar plaasgevind. Potgieter het werke uit die romantiese era voorgedra, insluitende werke van Chopin, Liszt, Mendelsohn, Scriabin en Prokofiev.
“Dit was ‘n wonderlike uitvoering. Wat ‘n lieflike jong man!” het Peter en Shirley Thompson van Chestershire na afloop van dié solo uitvoering opgemerk.
Diederick het in 1992 aan Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer. Daarna het hy aan die Universiteit van Johannesburg studeer en vervolgens ‘n loopbaan in die bankwese aangepak.
“Musiek is my absolute passie! Dit het die krag om te inspireer en te verander, en ek wil die inspirerende krag van musiek met almal deel,” sê Diederick (www.justgiving.com).
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
