

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 May 2011
Transnet Spoorvrag ingenieurs was tot laat Dinsdag ononderbroke besig om die oorsaak te probeer vasstel van die ontsporing suid van Louis Trichardt, wat uitgebreide skade en ontwrigting veroorsaak het.
‘n Goederetrein met ‘n vrag swael onderweg na die noordelike buurstate, het Sondagoggend tussen Munnik en Dikgale ontspoor.
Transnet Spoorvrag woordvoerder Mike Asefovitz het by navraag gesê 14 trokke het ontspoor en altesaam 3,5km spoorlyn is in die ongeluk beskadig.
Die ontsporing het alle spoorverkeer na Zambia en Zimbabwe ontwrig en altesaam 15 treine moes teruggehou word.
Asefowitz het gesê spesialis omgewingspersoneel van Transnet doen opruimings- en rehabiliteringswerk op die terrein, terwyl infrastruktuurspanne die skade aan die spoorlyn herstel. Hy het gesê dit is nog te vroeg om die volle omvang van die skade te bepaal.
Na raming sou die spoorlyn Dinsdagaand omstreeks 18:00 weer oopgestel word.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
