ADVERTISEMENT:

 

Ouma Feya Bell het op 18 Mei haar stem uitgebring by Masedi Sekondêre Skool in Tshikota. Ouma Feytie sê sy hou nie van korrupsie nie. Van links is ‘n verkiesingsbeampte, ouma Feytjie en haar dogter, me. Babatjie Bell.

Op 100 is stem steeds belangrik vir Ouma Feytie

 

News  Date: 27 May 2011

 

Op stemdag het ouma Feya Bell, wat een van die dae haar 101ste verjaarsdag vier, haar stem uitgebring by Masedi Sekondêre Skool in Tshikota.

Ouma Feytjie het met behulp van haar kierie en die ondersteuning van familielede fluks vanaf die voertuig tot by die stemlokaal gestap en trots haar stem uitgebring. Hulle het gewag tot skemer op 18 Mei sodat dit ‘n bietjie rustiger by die stemlokaal was. Daar het steeds ‘n vrolike atmosfeer in die strate van Tshikota geheers, terwyl die inwoners gesellig in die strate saamgekuier het.

“Hierdie jaar gaan dit ‘n bietjie beter met die stemmery. Maar laaskeer: vergeet liewer daarvan,” is Ouma Feya se waarneming. Met meer as ‘n eeu se wysheid agter haar, is ouma Feya se wens dat daar ‘n regering moet wees wat skoon is van korrupsie. “Ek soek nie corruption nie. Ek bid dat daar nie moord moet wees nie. Die wêreld moet een ding weet: die Here kyk vir ons; ons het nie nodig om te baklei nie,” sê Ouma Feya.

“Sedert 1994 kom stem sy nog elke keer. Ouma Feya bly in Tshikota naby die NG Kerk,” sê haar dogter, me. Babatjie Bell, self al 71 jaar oud.

Ouma Feykie is op 19 Junie 1910 in die Evangelina-distrik naby Pontdrift gebore. In 1936 het sy na Louis Trichardt gekom en woon die afgelope 31 jaar in Tshikota. Ouma Feykie is geseënd met ‘n helder verstand en praat vlot Afrikaans, Tshivenda, Sesotho, Xitsonga en Engels.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines