ADVERTISEMENT:

 

Die 19-jarige Ferdie Landman is na die nekwond, ook twee keer in die rug gesteek.

Hul waagmoed ´n voorbeeld

 

News  Date: 03 June 2011

 

Mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrik Landbou-unie (SDLU), het sy dankbaarheid uitgespreek dat mnre. Jan Louw en Ferdie Landman en mev. Colleen Liddle die afgelope naweek se plaasaanval oorleef het.

Mnr. Doors Le Roux, veiligheidsverteenwoordiger van die SDLU, het op sy beurt gesê hy is beïndruk met Louw en Landman se moed en vegvermoë. “Mnr. Louw het nie vir ‘n oomblik opgehou baklei nie. Hy het slegs opgehou toe die kriminele die aftog geblaas het,” het Le Roux gesê.

In ‘n stadium was Louw alleen buite met die twee kriminele wat hom genadeloos aangeval het. Le Roux het verwys na ‘n opmerking wat Landman aan hom by die hospitaal gemaak het dat hy (Landman) bang was, maar dat hy nie vir Louw alleen buite kon los nie.

“Wat ‘n wonderlike getuienis van twee ongewapende mense wat teen gewapende kriminele alles gee om hulself te verdedig en hulle geliefde te beskerm,” het Le Roux gesê en bygevoeg dat dapperheid nie beteken dat jy geen vrees het nie, maar dat jy nie vrees toelaat om jou te beheer nie.

Le Roux het die hoop uitgespreek dat die twee kriminele so vinnig moontlik gevang sal word, “want dit is al oor en oor bewys dat sulke sosiale terroriste nie uit vrye wil hulle moordtogte stop nie”.

Intussen sê Le Roux dat die plaaswagte hul groenlig-patrollies gaan verskerp en die gemeenskap gewaarsku dat solank die aanvallers op vrye voet is, niemand veilig is nie.

Die naweek se voorval was die 55ste plaasaanval op die boerderygemeenskap van Limpopo sedert November 2007. In dié tydperk is 22 boere of hul eggenote vermoor. Le Roux het dit weereens duidelik gestel dat geen persoon se veiligheid gedelegeer kan word nie. “Daarom is die patrollies met die groen lig so belangrik,” het Le Roux gesê.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines