ADVERTISEMENT:

 

Kinders van die CVO Skool Zoutpansberg waai opgewonde die skoolvlaggies wat hul op 31 Mei ontvang het tydens die viering van die vyftigste herdenking van Republiekdag. Links staan die skoolhoof, mnr. Boet Groenewald.

Nuwe skoolvlag wapper op Republiekdag

 

News  Date: 03 June 2011

 

Op 31 Mei 1961 het die Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom. Hierdie week Dinsdag was dit presies 50 jaar gelede.

Die CVO Skool Zoutpansberg op Louis Trichardt het dié halfeeu-viering gekombineer met die hys van ‘n splinternuwe skoolvlag. Elkeen van die 79 leerlinge het ook ‘n eie skoolvlaggie ontvang.

‘n Kleurvolle program het die geskiedkundige vlaghysing voorafgegaan. ‘n Stukkie Geskiedenis, saamgestel deur SP Miller, het ontroer toe die boereoorlog en konsentrasiekamp uitgebeeld is, met ‘n moeder wat haar babatjie moes begrawe. Die tonele het afgespeel met die vierkleur en twee oranje-blanje- blou landsvlae op die voorgrond. Vrolike volkspelers het daarna in ligter trant hul tiekiedraaie gemaak.

“Die opvoedingsraad werk al lankal aan die ontwerp van ‘n skoolvlag. Ons hou die Republiekfees en het gesê kom ons maak dit een: ons gee die geskiedenis van ons skool se verlede en smelt dit saam met ons volksverlede,” het die skoolhoof, mnr. Boet Groenewald, na afloop van die seremonie gesê.

Die skool se verlede is op bekwame wyse deur mnr. Jaco Wepener saamgevat. Wepener het vertel van die ontstaan van die skool op 10 Oktober 1995 as die Hangklip Akademie vir Christelike Volkseie Onderwys toe ‘n groepie ouers besluit het dat hulle hul kinders in ‘n milieu wil laat opvoed waaraan hulle gewoond was, sowel as met Christelike norme en waardes. Vanaf die AP Kerk as perseel het die skool geskuif na ‘n perseel op die Levubupad.

‘n Skeuring het in 1997 plaasgevind as gevolg van ‘n dispuut oor volgehoue affiliasie by die BCVO. Die ouers wat affiliasie met die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys wou handhaaf, het hul kinders onttrek en op 16 Augustus 1998 met 36 kinders in die Gereformeerde Kerksaal onderrig aangebied. Die skool het gegroei totdat ouers besef het dis tyd vir ‘n eie perseel. In samewerking met mnr. Ben van der Merwe is ‘n stuk grond verkry. Vandaar, met baie harde werk en duisende hamburger verkope, is die skool ontwikkel. Vandag is daar goed-ingerigte klaskamers, met 15 leerkragte om die kinders te onderrig.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines