

ADVERTISEMENT:

News Date: 10 June 2011
In die strate van Louis Trichardt wemel dit van kontrakteurs wat slaggate toemaak.
Die Makhado Munisipaliteit het hierdie week bevestig dat daar 27 kontrakteurs is wat aangestel is om verskillende strate se slaggate te herstel. Die meeste strate wat aandag geniet, is in die nuwe uitbreiding, oos van die N1, geleë.
“Daar is geen strate wat ‘onder konstruksie’ is nie, maar daar is die toemaak van slaggate (pothole patching),” lui die skrywe van die munisipaliteit.
Daar word aan 49 strate gewerk en die beplanning is dat die werk teen die einde van Junie voltooi moet wees. Die plan van aksie is dat al die strate gelyktydig gedoen word. Die burgemeester, raadslid Mavhungu Luruli, het hierdie week na die toemaak van die slaggate verwys as deel van ‘n strategie om beter dienslewering te verskaf.
“Beamptes van die Makhado Munisipaliteit doen inspeksie by die strate op ‘n daaglikse basis,” het mnr. Louis Bobodi, woordvoerder van die munisipaliteit op 6 Junie gesê.
Wat die veiligheid van motoriste betref, het Bobodi gesê dat elke kontrakteur self verantwoordelik is vir die veiligheid en regulering van verkeer.
Een van die strate waar die slaggate toegemaak word , is Erasmusstraat wat voor Laerskool Louis Trichardt se hoofingang verbygaan. “Ons is baie dankbaar dat die pad herstel word, omdat daar net onder ‘n duisend leerlinge elke dag by die skool op- en afgelaai word,” het die skoolhoof, mnr Louis Linde hierdie week gesê.”
“Ons gee nie om om die ongerief tydelik te verduur nie, want ons weet ons pad gaan nou weer vir ‘n lang ruk in ‘n goeie toestand wees,” het Linde gesê.
Nie alle inwoners voel so ingenome met die toestop van die slaggate nie.
“Hierdie laslappies help nie. Jy kan nie net ‘n stukkie in ‘n vrot area regmaak nie. Dit verkrummel weer daar rondom en netnou moet jy weer kom gate toemaak,” sê mnr. Jan Loots (72). Loots sê dat hy lank gelede met padkonstruksie gemoeid was.
Loots het verlede week saam met DA Raadslid, Zaheerah Jooma gaan kyk na verskeie strate in die nuwe uitbreiding.
“Dit is weereens slordige werk om klein stukkies hier en daar te lap. Daar word geld, tyd en arbeid gemors. Ons rol is om te kyk dat geld korrek gespandeer word,” het Jooma gesê
Loots het gesê dat motoriste maar moet wakker bestuur, want die skerp rante van die vierkantige gate wat nog nie toegemaak is nie, kan voertuie se bande beskadig.
Die verskillende strate met hul kontrakteurs is Flamboyantstraat en Drosdystraat (RRA Trading), Protea, Bauhinia en Azalea (Paxair Projects), Eland, Zinnia en Songozwi (Fusi Tondi Trading), Waterbessie (Mannzwa Trading Enterprise), Rietbok (Dzugu Trading), Dassie, Angelier en De Beer (Mmyuku Business Enterprise), Petunia, Kiaat en Springbok (Tshikoni Construction), Dahlia, Jasmyn en Jeppe (THE Construction), Mopane (Fika Manje Consulting), Alwyn (Masana Social Consultants), Olifant (Otondwaho Construction), Impala (Tshamutshetete Projects), Baobab en Koedoe (Mihavho Trading), Park Singel en Tambotie (Zathu Construction), Duiker, Buffel, Kwagga en Apie (Muravha Building and Civil), Mimosa (Colly’s Agro-Processing), Leeu en Meerkat (Rofika Trading), Malva (Muthambi Developers), Akasia, Naboom en Vorster (Livhetho General Dealer), Hlanganani (NDI TC Properties), Verbena (Dandimu Construction), Rooibok (Muspat Trading), Tshirululuni en Luiperd Singel (Vhaluvhu Construction), Aster, Koraalboom en Kameel (Teddy Pilgrims Trading), Erasmus (Vhakoma Trading), Joubert en Grobler (Zwihuya Zwia Todea).
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
