

ADVERTISEMENT:

News Date: 17 June 2011
‘n Rekordbedrag van R190 524 is ingesamel met Laerskool Louis Trichardt se kaskarresies vroeër vanjaar.
“Elke jaar word ‘n projek geïdentifiseer en dan word die inkomste van die kaskarkompetisie daarvoor aangewend. Met hierdie geld wil ons die verversingslokale by die atletiekbaan oorbou,” het die skoolhoof, mnr. Louis Linde, gesê. Die Triegiekinders, ouers en onderwysers het hulself oortref en tot op datum is dit die grootste bedrag wat nog ooit met hierdie projek ingesamel is. Linde het ook genoem dat die hele proses gemonitor is deur mnr. Hein Swanepoel van Jandrell en Swanepoel Rekenmeesters.
Graad 3X-leerder Eddie van der Merwe het die monde laat oophang met die 73 boekies wat hy verkoop het. Dit is die meeste boekies wat enige leerder nog ooit verkoop het. Daarmee wen Eddie R1000. Monique Coetzee (Graad 7X) het 28 boekies verkoop en wen R500. Ander kontantpryswenners is Jean-Pierre van Tonder, Lia-Mari van der Westhuizen en Kirstin Nelson met 6 boekies elk en Simon Sauer met 5 boekies.
Die eersteprys, ‘n luukse vakansiewoonstel vir 8 persone vir 10 dae ter waarde van R16 000 plus R4 000 brandstofgeld, is gewen deur mnr. T. A. Luvha. Die prys is geborg deur mnr. en me. Dawie en Hermien Kotze van DDH Farms in Waterpoort. Mnr. Dirk Meissenhemer wen die tweedeprys en gaan Margate toe met ´n R2 000 brandstoftoelaag. Die prys se totale waarde is geborg deur Noordstaal. Nog heerlike vakansies is gewen deur mnr. Johan Fouché (geborg deur Cyril en Bernadette Walkenshaw), Thabang Khorommbi in Graad 7 (geborg deur mnr. Warren Scholtz van Mabalabala Ranch), me. Isabel Booyens (geborg deur Brenco Voere) en Chantelle Pieterse in Graad 7 (geborg deur mnr. Louis Sauer). Mnr. Ronald en Me. Helen Mukwevho wen ‘n televisiestel geborg deur Solly’s Discount World. Me. Molly Webber kan R2000 se kruideniersware by Louis Trichardt se Superspar gaan koop en mnr. Francois van Zyl wen ‘n bergfiets, geborg deur Cycle Centre.
Die onderwysers van die klasse wat gemiddeld per leerder die meeste geld ingesamel het, kry ook pryse. Me. Elzabé Stewart ontvang ‘n radio-CD kombinasiestel en haar klas, Graad 7X, gaan vir ‘n naweek na die Eiland na hulle harde werk om gemiddeld R950 per leerder in te samel. Me. Sussa Ehlers kry ‘n DVD-speler, geborg deur mnr. en me. Waghela. Haar klas, die Graad3X’e, gaan ‘n dag by Elephant Inn deurbring. Hulle gemiddeld per leerder was R834. Verder gaan elke leerder van die skool wat ten minste een boekie verkoop het, vir ‘n dag by Tshipise ontspan.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
