

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 November 2003
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – 'n Bekende plaaslike besigheidsman, mnr. Ronnie Sutherland, het Woensdag (12de) hier in die landdroshof verskyn op klagte van korrupsie en bedrog. Dit volg nadat hy dieselfde dag deur lede van die lugmagpolisie gearresteer is.
Die saak teen Sutherland hou verband met die beweerde gebruik van lugmagmasjinerie vir eie gewin, asook ongerymdhede rakende dienskontrakte vir LMB Louis Trichardt. Hy het nie gepleit nie en is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Sy saak is uitgestel na 21 November vanjaar.
Sutherland se arrestasie volg minder as 'n week nadat hy die koerant genader het rakende berigte oor sy beweerde betrokkenheid in die staat se saak teen 'n lid van die lugmagbasis, Dawid Ras, op soortgelyke klagte.
Sutherland het die publiek versoek om nie sensasie te put uit sy beweerde betrokkenheid by die saak nie en genoem dat hy nie die "krimineel" is nie. Hy was erg ontsteld oor die skade wat sy besighede tans besig is om te ly, vanweë die beriggewing. Hy het die publiek versoek om rustig te wees en te wag dat die hofsaak afgehandel word.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
