ADVERTISEMENT:

 

Me Candice Dabner, nuutaangestelde projekkoördineerder van LiN Media.

Nuwe projekkoördineerder vir LiN Media

 

News  Date: 01 July 2011

 

Me Candice Dabner is aangestel as projekkoördineerder van LiN Media, die sambreelorganisasie wat 10 gemeenskapskoerante in Limpopo verteenwoordig.

Sy het ‘n B Comm-graad in bemarkingsbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf en daarna by ‘n reklamemaatskappy in Johannesburg gewerk. In haar pos sal sy alle projekte en aktiwiteite van LiN Media bestuur, wat nou ook (vir die eerste keer sedert die maatskappy se stigting) ‘n eie kantoor het. Die kantoor is in King Edwardstraat in Tzaneen.

Een van die dienste wat LiN aanbied, is om skakeling tussen die tien koerante te koördineer. Dit behels onder meer dat adverteerders ‘n eenstop-diens gebied word, wat behels dat advertensies in enige of al die LiN Media-koerante deur die sentrale kantoor geplaas kan word. Dit vereenvoudig en vergemaklik skakeling met die koerante, wat oor die hele provinsie versprei is.

LiN Media het pas ook hul eerste lidkoerant uit die geledere van opkomende gemeenskapskoerante in swart besit bygekry, en daar is ‘n hele paar aansoeke van ander wat tans deur die direksie oorweeg word. LiN Media het nou lidkoerante in Bela Bela, Thabazimbi, Lephalale, Mokopane, Louis Trichardt (Zoutpansberger en Limpopo Mirror), Tzaneen, Hoedspruit en Bosbokrand/Acornhoek, wat ‘n voetspoor sonder gelyke in die provinsie bied. Gesamentlik publiseer dié koerante ‘n raps meer as 50 000 eksemplare per week en bied hulle ‘n lesertal van sowat 450 000 per week, wat ongeëwenaard is.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines