ADVERTISEMENT:

 

Insette rondom projekte belangrik

 

News  Date: 01 July 2011

 

Met drie groot projekte wat vir die Soutpansberg beplan word, is dit belangrik dat inwoners vroegtydig insette lewer.

Die Soutpan Sonenergieprojek is tans in die finale bestekopnameverslag-fase en kommentaar moet voor 27 Julie vanjaar gelewer word. Daar word beplan om 28MW elektrisiteit op te wek oor ‘n gebied van 72 hektaar onder sonpanele op gedeeltes van die plaas Zuurbult langs die Vivo/Alldays-pad.

‘n Organiese komposprojek word ook beplan in die Dendron-omgewing en daar moet onder meer aansoek gedoen word vir ‘n afvalbestuurslisensie, asook ‘n waterverbruikerslisensie. Die doel van die projek is om hoenderafval te vermeng met kalk en ander produkte om ‘n organiese kompos produk te verkry. Kommentaar moet voor 17 Julie vanjaar ingehandig word.

Dan is Coal of Africa Limited (CoAL) se voorlopige grondwater-impakstudie vir die Makhado Steenkoolmyn net noord van die Soutpansberg ook reeds beskikbaar. Die volgende fokusgroep ten opsigte van die bespreking rakende die beskikbaarheid van water vir die voorgestelde myn vind plaas op 30 Junie om 11:00 by Tshipise, en alle geaffekteerde partye word aangemoedig om die nodige inligting te bekom en vroegtydig kommentaar te lewer.

Vir meer inligting oor die onderskeie projekte en hoe om kommentaar te lewer, skakel die kantoor van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie op Louis Trichardt by tel. 015 516 3963.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines