

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 November 2003
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – 'n Kragonderbreking het Dinsdag verskeie ondernemings lamgelê en letterlik inwoners in die duister gedompel.
'n Woordvoerder van die Makhado Munisipaliteit het Woensdag verbruikers om verskoning gevra vra vir die gepaardgaande ongerief. Hy het verbruikers die versekering gegee dat daar steeds, net soos in die verlede, gepoog sal word om onderbrekings so spoedig moontlik te herstel.
Dinsdag se kragonderbreking het om 04:00 begin in die omgewing van Zoutpansberg Meule in Groblerstraat. By nadere ondersoek van die Vosterstraat Substasie is daar bemerk dat die breker wat die gebied van krag voorsien, uitgeklink was. Pogings om dit weer aan te skakel was onsuksesvol. Die munisipaliteit het daarna gepoog om die betrokke gebied vanaf die Emmerentia Substasie in Erasmusstraat weer van krag te voorsien.
"Dit het tot gevolg gehad dat die oorhoofse hoof toevoerlyn langs die N1 afgebrand het, asook die kontakpunte van een van die breekpunte op die lyn. Dit het weer veroorsaak dat die breker in die hoofsubstasie uitgeklink het, wat die hele dorpsgebied wes van die N1 in duisternis gehul het," verduidelik mnr. Willie Scheepers, ingenieurstegnikus van die munisipaliteit se buitestedelike en binnestedelike kragnetwerke.
"Na beraadslaging is daar besluit om skakelwerk te doen om die ringtoevoere in bedryf te stel, sodat die grootste gedeelte van die sentrale sakegebied ten minste van krag voorsien kon word. Intussen is daar voortgegaan met die herstel van die oorhoofse lyn, asook die kontakpunte, waarna die hele gebied, behalwe die omgewing waar Zoutpansberg Meule geleë is, se toevoer herstel is," sê mnr. Scheepers.
Die vermoede bestaan dat 'n ondergrondse hoogspanningskabel foutief is. Om ongeveer 15:00 is die kabel geïsoleer en kon die toevoer na die meule herstel word. Die foutiewe kabel het egter ook veroorsaak dat daar sekeringhouers naby Brenner Voermeule beskadig is. Dié fout is ongeveer 20:00 herstel.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
