ADVERTISEMENT:

 

Man doodgeskiet in jongste aanval

 

News  Date: 08 July 2011

 

Misdaad in landelike gebiede bedreig nie net die kommersiële boer nie, maar ook sy plaasarbeiders.

Sedert die begin van Mei is die Soutpansberg-boerderygemeenskap in die greep van ‘n gewelddadige tereurveldtog, moontlik die werk van ‘n 24-jarige Zimbabwiese man wat in Oktober verlede jaar uit polisie-aanhouding in Musina ontsnap het. In die meerderheid gevalle was die slagoffers plaasarbeiders.

Vrydagaand, 1 Julie, is die 51-jarige mnr. Eric Neshunzhi koelbloedig in sy wooneenheid op die plaas Goedehoop doodgeskiet deur ‘n onbekende man. Die man het daarna met twee selfone op die vlug geslaan.

Volgens ‘n ooggetuie, mev. Elisa Mufamadi, het sy buite die wooneenheid gestaan toe ‘n gewapende man skielik uit die bosse verskyn het. Hy het haar met die vinger beduie om stil te bly, waarna hy verby haar gestap het, die huis in. Oomblikke later het sy ‘n skoot gehoor en gevlug.

Mufamandi het later aan mnr. Deon de Jager, wat op die plaas woon, gesê die man het ‘n swart uniform, soos dié van ‘n sekuriteitswag, aangehad. De Jager, wat die skoot gehoor het, het dadelik die plaaswag in kennis gestel. Hulle was binne ‘n uur op die toneel. Die polisie het nog ‘n uur later eers opgedaag.

Intussen het die polisie gesê Vrydagaand se moord hou nie noodwendig verband met die sake waarmee die 24-jarige Zimbabwiese man, Brighton Chauke, verbind word nie, aangesien ‘n haelgeweer en nie ‘n jaggeweer in die moord gebruik is nie.

Neshunzhi was werksaam as subkontrakteur verantwoordelik vir ontbossing in die Komatiland plantasies.

Die polisie se ondersoek duur voort.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines