ADVERTISEMENT:

 

Die rou riool wat vir etlike weke in Andersonstraat, regs langs Hoërskool Louis Trichardt, afgestroom het. Twee weke nadat vrae oor dié kroniese probleem aan die Makhado Munisipaliteit gerig is, is daar teen druktyd nog geen antwoorde ontvang nie, maar die verstopping is wel reggemaak.

Riool vloei vir amper ´n maand in straat af

 

News  Date: 29 July 2011

 

‘n Rioolgat in die parkeerterrein van busse reg langs Hoërskool Louis Trichardt se tennisbane het vir amper ‘n maand lank oorgeborrel en in Andersonstraat afgevloei.

“Die rioolwater het al uitgeborrel toe die skool gesluit het op 24 Junie. Wat gewoonlik gebeur is dat die riool by die staatshospitaal verstop en op die skoolterrein uitloop. Die skool en die hospitaal is op dieselfde rioollyn. In plaas daarvan dat die Makhado Munisipaliteit die hele rioollyn kom skoonmaak, gee hulle elke keer net aandag aan die spesifieke plek waar dit uitborrel,” het skoolhoof mnr. Henry Denner Maandag gesê.

Denner het bevestig dat die rioolgat verlede week oopgemaak is. Hy het sy besorgdheid uitgespreek dat die riool nou net weer by die volgende rioolgat in Andersonstraat gaan uitstoot. Die skool is gedurig in verbinding met die munisipaliteit om die rioolprobleme aan te meld.

Vrae oor die rioolwater wat in Andersonstraat afstroom, is bykans twee weke gelede deur die Zoutpansberger aan die Makhado Munisipaliteit gerig. Hoewel geen antwoord ontvang is nie, is die rioolgat gelukkig ‘n dag daarna oopgemaak. Die riool het ophou borrel, maar die opdrifsels lê nog steeds in die straat .

Teen druktyd het die Zoutpansberger steeds gewag op antwoorde van die Makhado Munisipaliteit oor die kroniese probleme met dié spesifieke rioollyn.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines