ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Departement sê verkoop van erwe onwettig

 

News  Date: 12 August 2011

 

Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (DLOG) het ‘n stokkie gesteek voor die Netshifhefhe-gemeenskap se planne om ´n dorpsgebied te ontwikkel op die plaas Welgevonden buite Louis Trichardt.

Kort na die nuus dat die Netshifhefhe-gemeenskap begin het om erwe op die plaas, wat in Januarie vanjaar aan die gemeenskap teruggee is na ‘n suksesvolle grondeis, te verkoop, het die DLOG ‘n verklaring uitgereik waarin hulle hul misnoeë uitspreek teenoor die Netshifhefhe-gemeenskap se Vereniging van Gemeenskaplike Eiendom (VGE).

In die verklaring stel die DLOG dit duidelik dat enige grond wat deur die regering aan ‘n gemeenskap teruggegee word, nie verkoop of gehersoneer kan word sonder die toestemming van die Minister van die DLOG nie. Hierdie toestemming het die Netshifhefhe VGE nie gehad nie.

Die DLOG het die Netshifhefhe VGE gewaarsku om nie voort te gaan met die verkoop erwe op die plaas nie.

Duisende mense het verlede week Dinsdag van die kans gebruik gemaak om tydens ‘n “opedag” op die plaas hul R120 deposito te kom betaal vir ‘n erf. Die voorsitter van die Netshifhefhe VGE, Mr Tshikamulilo Nengovhela, het egter nou sy storie verander en gesê dat die R120 nooit ‘n deposito was vir ‘n erf nie. Dit is bloot ‘n betaling, het hy verduidelik, wat begunstigdes moes betaal vir kos en ontbossing gedoen deur werkers op die plaas. Volgens hom was daar ook net sowat 200 “begunstigdes” wat die R120 betaal het. Slegte nuus vir diegene wat wel die R120 betaal het in die hoop om ‘n erf te kry, is dat die geld, volgens Nengovhela, nie terugbetaalbaar is nie (Sien meegaande artikel).

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines