

ADVERTISEMENT:

News Date: 26 August 2011
‘n Inwoner van Louis Trichardt het vandeesweek ´n bloutjie geloop met die Makhado SAPD, nadat hy Maandag, 22 Augustus, in hegtenis geneem is op ´n klag van dronkbestuur.
Die 48-jarige Floyd Johannes Slabbert is Maandag ná ‘n wilde jaagtog deur die dorp vasgetrek.
Volgens inligting het Slabbert glo in sy silwer Kia Picanto op die hoek van Krogh- en Songozwistraat verby ‘n patrolievoertuig van die polisie geskiet. Die polisieoffisier in die voertuig hom toe glo probeer aftrek, maar hy het weggejaag in Munnikstraat se rigting.
Polisie-ondersteuning is ontbied en Slabbert is deur drie polisievoertuie op die hoek van Erasmus- en Andersonstraat ingehok. Die sleutels van sy voertuig is dadelik uitgehaal en hy is beveel om uit te klim. Dit is met die uitklimslag dat hy glo rondgeslinger het en in die middel van die pad in ‘n beswyming inmekaar gesak het.
Slabbert is later geboei en in ‘n vangwa na die Louis Trichardt Gedenkhospitaal geneem, waar ‘n bloedmonster geneem is. Hierna is hy by die polisiestasie aangehou, waar hy later op R500 borg vrygelaat is en gewaarsku is om Dinsdag in die plaaslike Distrikshof te verskyn.
Tydens sy verskyning Dinsdag is Slabbert aangekla van die bestuur van ´n voertuig onder die invloed van drank of dwelms. Sy saak is uitgestel tot 9 September.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
