ADVERTISEMENT:

 

Unie betaal beloning uit

 

News  Date: 26 August 2011

 

Die Soutpansberg Distriklandbou-unie het hul woord gestand gedoen deur die R15 000 beloning wat hulle uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die arrestasie van die berugte Brighton Chauke, uit te betaal.

Die 30-jarige Chauke is op 7 Augustus deur die Waterval polisie vasgetrek, danksy ‘n wenk van ‘n lid van die publiek. In hierdie stadium word hy verbind met 43 ernstige geweldmisdade in die Soutpansberg-streek.

Die beloning is Dinsdag, 23 Augustus, aan die lid van die publiek, wat verkies om anoniem te bly, uitbetaal.

“Ons glo dat die beloning beslis bygedra het tot die suksesvolle arrestasie van Chauke,” het mnr. Fritz Ahrens, voorsitter van die Louis Trichardt Boerevereniging, gesê. Hy het sy dank uitgespreek teenoor al die boere en instansies wat tot die beloning bygedra het.

“Hiermee word ook bewys dat die boere van Soutpansberg hulle beloftes gestand doen ... Ons spreek die hoop uit dat alle ondersoeke behoorlik gedoen is en dat voldoende bewyse by die hof ingedien word om Chauke behoorlik te vonnis,” het Ahrens gesê. Ahrens het ook die hoop uitgespreek dat Chauke vir altyd uit die samelewing verwyder sal word soos skriftelik deur hulle aan die staatsaanklaer versoek is.

“Ons versoek ook die hof om die mense wie se regte deur Chauke geskend is bo die van sy eie te stel … Ons vra ook dat die politici en leiers van hierdie land wie se uitsprake en liedere bygedra het tot hierdie terreurveldtog, hulle sal weerhou van sulke optrede en uitsprake,” het Ahrens gesê.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines