

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 September 2011
Die sakeman van Louis Trichardt wat in Maart gearresteer is, nadat hy sy negejarige stiefdogtertjie gemolesteer het, het Maandag in die Streekhof op Louis Trichardt skuld erken.
Die 45-jarige man het tereggestaan op ´n klag van verkragting. Dié klag is teen hom aanhangig gemaak nadat hy die dogtertjie verskeie kere oor etlike jare seksueel misbruik het en haar betas het.
Die man het as deel van ´n pleitooreenkoms met die Staat skuld erken en is gevonnis tot vyf jaar direkte gevangenisstraf. Die vonnis is egter in totaliteit opgeskort vir vyf jaar. Die Staat het aangevoer dat hulle die pleitooreenkoms met die man aanvaar het om die meisie verdere trauma te spaar deur te kom getuig. Buiten vir gevangenisstraf, het die Staat ook gevra dat die man se naam in die Nasionale Seksoortredersregister opgeneem word.
Tydens vonnisoplegging het landdros Pat Cloete die man gewaarsku dat, alhoewel hy nou tronkstraf vrygespring het, hy ‘n swaard het wat oor sy kop hang.
“Jy weet wat met jou sal gebeur in die tronk - jy sal verkrag word,” het hy gesê. Hy het die man ook gewaarsku om nie in die swaard te val nie, want dit is ‘n “skerp dolk waarmee jy jouself kan sny.”
“Seks is vrylik beskikbaar en om aan kinders te vat is om mag te toon,” het Cloete gesê.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
