ADVERTISEMENT:

 

Skool oornag hul bussie kwyt

 

News  Date: 26 September 2011

 

Hoërskool Louis Trichardt is Woensdagoggend, 21 September, wreed ontnugter met die besef dat iemand hul skoolbussie - nogal met die skoolwapen daarop - gesteel het.

Adjunk-hoof mnr. Theo Muller het kort na die voorval bevestig dat ´n saak van voertuigdiefstal by die Makhado Polisie aanhangig gemaak is. Volgens hom het die boewe nie liggies te werk gegaan nie. Nie net is die slot van die motorhuis, waar die Toyota Ses´fikile-bussie toegesluit was, oopgebreek nie, maar die hekke by die seunskoshuise is ook oop geforseer.

“Hulle het die hele immobiliseerder van die bus uitgeruk,” het Muller vertel.

Die vermoede is dat die skelms eers oor die skoolheining in Hospitaalstraat geklim het, die bus gesteel het en toe by die hek uitgery het. Mnr. Coenie de Lange, wat vroeg in die oggend gaan oefen het, het die diefstal opgemerk toe hy die oop motorhuis gesien het.

Die polisie is dadelik ontbied. Ongelukkig, sê Muller, was daar geen afdrukke of ander spore op die toneel te vind nie. Die bussie is gelukkig verseker.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines