

ADVERTISEMENT:

News Date: 26 September 2011
Die 63-jarige Alexander Smail van Buysdorp se moordverhoor sal vir eers op die ys geplaas word, terwyl hy in Weskoppies opgeneem word vir sielkundige waarneming.
Intussen is daar steeds geen antwoord vir die families van die twee jong mans wat in Desember 2009 in dié buurdorp doodgeskiet is nie.
Smail het weer Maandag, 19 September, in die Streekhof op Louis Trichardt verskyn op twee klagte van moord en twee klagte van poging tot moord. Hy word daarvan beskuldig dat hy twee jong mans van die Buys-gemeenskap, Cornelius Bruce Joachim (20) en Sergio Bozario Buys (21), gekonfronteer en daarna koelbloedig doodgeskiet het.
Smail het glo net vóór die skietery gedreig om Joachim, Buys en nog twee van hul vriende te skiet, omdat hy oortuig daarvan was dat hulle by sy onderneming, Smails Fountain, ingebreek het. Buys is in die kop getref en Joachim in die bolyf toe hy probeer vlug het. Albei is op die toneel dood. Hulle vriende het ontsnap.
Na die skietvoorval het Smail homself aan die polisie gaan oorgee en sy vuurwapen ingehandig. Smail is ´n dag later op R5 000 borg vrygelaat.
Tydens Maandag se verskyning het Smail se regsverteenwoordiger ‘n aansoek voor die hof gebring om hom [Smail] vir evalusie te stuur. Smail sal glo hierdie verslae gebruik om die hof te oortuig dat hy nie by sy volle verstand was tydens die skietvoorval nie.
Sy saak is voorlopig uitgestel tot 19 Oktober.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
