

ADVERTISEMENT:

News Date: 03 October 2011
Sensus 2011 behoort glad te verloop met die samewerking van al die betrokke instansies.
Mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrik Landbou Unie (SDLU), het gesê dat 2011se bevolkingsensus van 9 tot 31 Oktober vanjaar plaasvind en dat elke persoon binne die landsgrense gedurende die tydperk getel sal word.
Hoffman sê daar was op verskeie geleenthede ontmoetings tussen Statistiek Suid-Afrika (die enigste agentskap met ´n mandaat om die sensusproses te lei en te bestuur) en die SDLU. ´n Goeie verhouding bestaan tussen die twee organisasies. Die distriksbestuurder van Statistiek Suid-Afrika, mnr. Adiel Chikobvu, het die jongste algemene raadsvergadering van die SDLU kom toespreek. Vanuit die vergadering het die versoek gekom dat vreemdelinge asseblief nie plase betree na ure asook op naweke nie. Samewerking vanaf albei organisasies is beloof en Sensus 2011 behoort glad te verloop.
Hoffman sê die sensus is ‘n telling van die hele landsbevolking. Dié inligting is belangrik in die beplanning, besluitneming en evaluasie van programme. Volgens wet moet alle inligting in die sensus vertroulik gehou word.
Mnr. Doors Le Roux, veiligheidsverteenwoordiger van SDLU, het gesê sowat 2.8 miljoen plakkate met die beeld van “Sensus Veldwerkers” sal op lamppale aangebring word. Veldwerkers kan verder geidentifiseer word deur ‘n geel onderbaadjie, identiteitskaartjies met foto’s en identiteitsnommers. Indien enigiemand twyfel oor die legimiteit van ‘n “veldwerker”, kan die tolvrye nommer 0800 110 248 geskakel word.
Hy het gesê elke inwoner van die land moet onthou dat hul veiligheid eerste kom.
"Jy sal nooit ‘n vreemdeling in jou huis nooi nie en behoort dit ook nie nou te doen nie. As jy ongemaklik voel, hoef niemand die binnekant van jou woning te sien nie. Indien enigiemand by jou woning kom, homself voorgee as ‘n Statistiek SA veldwerker, en hy vra inligting soos jou bankbesonderhede en ID nommer, is hy beslis nie deel van die Sensus proses nie, en moet hulle weggewys word. So ‘n persoon se identiteitsnommer en voertuigregistrasienommer behoort geneem te word en sal vervolg word."
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
