

ADVERTISEMENT:

News Date: 03 October 2011
Mooketsi Towing Service, wat vanaf ‘n woonhuis in Louis Trichardt bedryf word, opereer skynbaar onwettig.
Die Makhado Munisipaliteit het hierdie week bevestig dat dié insleepdiens geen lisensie het om vanaf die erf in Olifantstraat sake te doen nie.
“Die perseel is vir residensiële gebruik gesoneer. Daar is nog nooit ‘n lisensie vir besigheid toegestaan nie. Sover ons weet was daar ook nooit ‘n aansoek of ‘n raadsbesluit in dié verband nie,” het mnr. Louis Bobodi, munisipale woordvoerder, gesê.
Die insleepdiens se werksaamhede het onder die soeklig gekom toe ‘n nuwe voertuig op pad na Werda Toyota op 19 September in ‘n ongeluk betrokke was. Die voertuig is deur die Mooketsi Towing Services ingesleep. Mnr. Eddie Schlesinger, eienaar van Werda, moes na die ongeluk ‘n soektog loods om sy voertuig weer te vind. Uiteindelik het hy en sy versekeringsmakelaar, me. Ralda van Wyk van PSG, die voertuig by die betrokke perseel opgespoor.
“Dit is binne ‘n woongebied. Hoe kan die munisipaliteit dit toelaat? Dit is skokkend hoe onprofessioneel hulle opereer. Die perseel lyk soos ‘n varkhok,” het Schlesinger gesê. Van Wyk het gesê dat Santam bewus was van die Mooketsi insleepdiens op Mooketsi self en dat daardie diens by die AA geregistreer is.
“Santam is tans besig met ‘n ondersoek oor hoe dit moontlik is dat die diens ook vanuit ‘n perseel in Louis Trichardt opereer sonder dat Santam of die AA daarvan bewus is. Ons by PSG is dankbaar dat ons daarin kon slaag om Werda Toyota se voertuig terug te kry,” het Van Wyk gesê.
“Ons sal ondersoek instel en regsaksie sal ingestel word as daar bevind word dat ons munisipale regulasies oortree is,” het Bobodi bygevoeg.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
