ADVERTISEMENT:

 

Meeste motoriste het die ry-om-die-wal-roete verkies om te verhoed dat die onderstel van hul voertuie deur die nuwe spoedwal in Groblerstraat geskraap word.

Spoedhobbels ´n groot kopseer

 

News  Date: 10 October 2011

 

Die nuwe spoedwalle wat in Kort- en Groblerstraat in Louis Trichardt aangebring is by die treinkruisings veroorsaak groot konsternasie en skade aan voertuie, veral aangesien die walle nie gemerk is nie en daar ook geen waarskuwingsborde is wat motoriste waarsku nie.

Met die Zoutpansberger se besoek aan hierdie spoedwalle was dit duidelik dat heelwat motoriste inderdaad nie weet van die nuwe walle nie - diep groewe en skraapmerke in die middel van die walle was ‘n klinkklare bewys hiervan.

In Kortstraat is daar ‘n spoedwal in beide die linker- en regterbaan by die kruising aangebring, gevolg deur vier kleiner walletjies. In Groblersstraat is dit egter ‘n ander storie, met die een spoedwal wat sommer regoor die pad aangebring is. Hier is daar ‘n padteken aangebring wat waarsku teen die hobbel, maar in Kortstraat het hierdie tekens ontbreek. Ten spyte van die waarskuwingsbord in Groblerstraat het ‘n munisipale bakkie tydens die koerant se besoek oor die spoedwal gevlieg en net betyds by die treinkruising stilgehou.

Munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi het by navraag gesê die spoedwalle is op versoek van Transnet aangebring, weens die getal ongelukke by treinkruisings. Volgens hom is daar egter genoegsame waarskuwingstekens by die walle vir motoriste.

“Verftekens sal aangebring word sodra die projek voltooi is,” het hy gesê.

Bobodi het bygevoeg dat verskeie ander strate in die dorp geoormerk is vir spoedwalle. Dié sal, volgens hom, binne die volgende twee maande aangebring word.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines