

ADVERTISEMENT:

News Date: 31 October 2011
Mnr. Dries Joubert van Levubu het op 14 Oktober sy nege-karaat goue knopie van die TLU SA te ontvang.
Die voorsitter van TLU SA Noord-streek, mnr. Johan van Biljon, het gesê die toeken van die knopie is ‘n besonderse prestasie en word gemaak aan TLU SA-lede wat op streeksvlak ‘n besonderse bydrae in die struktuur gelewer het. Die kriteria waaraan Joubert voldoen het, was dat hy vir minstens 12 jaar lid was van die streek se uitvoerende komitee, asook vir minstens 12 jaar lid was van die TLU SA se algemene raad. Tans dien hy steeds as mediaverteenwoordiger van die TLU SA Noord.
“Oom Dries was vanaf 1996 tot 2003 voorsitter van Soutpansberg Distrikslandbou-unie, en vier jaar TLU SA Noord se streeksvoorsitter. Oom Dries het hoogstaande diens, van uitstaande gehalte, gelewer op streekvlak, wat ‘n wesenlike verskil vir al sy mede-boere beteken het,” het Van Biljon gesê.
Mnr Stephen Hoffman, huidige voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie (SDLU), het gesê dat Joubert se bydrae tot landbou van onskatbare waarde was.
“Sy betrokkenheid het vinnig versprei vanaf Levubu Boerevereniging tot regdeur die hele organisasie. In die SDLU is hy ‘n ware hoeksteen, wat vir almal ‘n rotsvaste voorbeeld stel. Almal weet wie hulle vir raad moet skakel. Sy bydrae tot die gemeenskap lê vasgemessel en sy spore kan orals gevind word,” het Hoffman gesê.
Die toekenning is tydens die TLU SA Noord-streek se Algemene Raadsvergadering by die Rhemardo-vakansieoord (Mookgophong) aan Joubert gemaak.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
