ADVERTISEMENT:

 

Inwoners van Andersonstraat, tussen Ruhstraat en Stubbsstraat, ondervind al byna twee maande frustrasie met die slakkepas waarteen die pad voor hul wonings herbou word.

Frustrasie oor slakkepas van padwerke

 

News  Date: 31 October 2011

 

Daar is laas week uiteindelik begin met die verwydering van bourommel by die padwerke aan ‘n gedeelte van Andersonstraat in Louis Trichardt, tot verligting van die inwoners.

Inwoners van Andersonstraat, tussen Ruhstraat en Stubbsstraat, ondervind al byna twee maande frustrasie met die slakkepas waarteen die pad voor hul wonings herbou word. Hulle is dit eens dat hulle geen kommunikasie van die Makhado Munisipaliteit rondom die padwerke ontvang het nie.

“Een dag, ek dink dit was ongeveer die begin van Augustus, hoor ons net hoe hulle aan die waterpype karring, want die hoofwaterlyn lê langs die tennisbane in Andersonstraat. Sowat drie weke later het hulle begin om die pad op te kap,” sê mnr. Schalk Grobbelaar.

Die inwoners is nie in kennis gestel wie die kontrakteurs is nie. Party inwoners doen moeite om gereeld met die werkers te gaan gesels .

”Die werkers is baie hoflik, maar hier was nog nie enige projekbestuurder of ingenieur sover ons kon vasstel nie. Die hele projek lyk vir my agterstevoor om. Hulle kap op en gooi die gemors op die tuine en die middelmannetjie. Hulle kap randstene uit wat nie stukkend is nie,” sê een inwoner.

Inwoners merk op dat die werkers op Dinsdae begin werk en vroeg Vrydae ophou. Me. Magda Voigt sê dat daar kragonderbrekings voorgekom het met die padwerke omdat kabels beskadig is. “Dit is maar ongemaklik, maar gelukkig loop ek werk toe. Ons het ‘n voertuig wat maklik uit die erf kan kom. Sulke dinge soos padwerke pla my nie maklik nie. Ek kan dink as jy nie in en uit kan kom nie, sal dit jou pla,” sê Voigt.

Dit hinder inwoners dat daar nie behoorlike padtekens en borde tydens die padwerke opgesit word nie. Die stof is gelukkig beter na die kompaksie van die pad en party inwoners sê hulle sien uit na ‘n goeie finale produk, terwyl ander maar hulle bedenkinge het.

Maar hoe lank gaan die ongerief nog voortduur?

Teen druktyd kon die Makhado Munisipaliteit nog nie inlgting oor die Andersonstraat padwerke verskaf nie. “Ek wag nog vir antwoorde vanaf die betrokke department,” het munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi Dinsdag gesê.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines