ADVERTISEMENT:

 

Plaaslike kundigheid na Mali uitgevoer

 

News  Date: 07 November 2003

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - 'n Besending plaaslik-vervaardigde gesweiste traliewerk, dakrakke en seilkappies vir bakkies het vandeesweek hiervandaan vertrek na hul bestemming in Mali in Noord-Afrika.

Die spesiale toebehore is vervaardig deur mnr. Michael Jefferies en sy eggenote Sigrid van die onderneming Trali for Work or Play in Kroghstraat.

Die onderneming vervaardig 'n reeks hoë gehalte veeldoelige traliewerk, toebehore en ombouings van voertuie onder meer vir wildbesigtiging, jag-, plaas-, besigheids-, ontspannings- en kampeerdoeleindes.

Die traliewerk en seilkappies wat na Mali onderweg is, is ontwerp vir altesaam vyftien standaard en dubbelkajuit Toyota Hilux bakkies en is deur 'n mynmaatskappy in die land bestel. Die bestelling sluit ook ses dakrakke en vier daktente in.

Die oorwegend plaaslike uitvoerprodukte word per vragmotor na Gauteng vervoer, vanwaar dit by 'n hawe besorg sal word vir verskeping na Noord-Afrika. Die vrag het vroeg vandeesweek op die eerste skof van die lang tog begin

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines