

ADVERTISEMENT:

News Date: 07 November 2011
Onwettige aansluitings en aanskakeling is taboe met die nuwe op en wakker meterlesers wat in Louis Trichardt en omgewing elektrisiteit- en waterlesings te neem. Die nuutste tegnologie word ingespan om meterlesings glad te laat verloop.
“As ons weet ons het die krag afgesit en jy sit dit self onwettig aan, is jy in groot moeilikheid. Ons stelsel is redelik gesofistikeerd en sal dit optel. Ons maak ook ‘n saaklêer oop,” waarsku mnr. Corné Fourie, hoof uitvoerende beampte en een van die eienaars van die maatskappy wat vanaf 1 Julie die meterlesingskontrak vir die volgende drie jaar gekry het.
Sommige huiseienaars het ook al die “groen briefies” gekry wat hulle inlig dat hulle munisipale rekening agterstallig is. In die verlede is die elektrisiteit dikwels sommer net afgeskakel. Die briefie sê dat die huiseienaar sewe dae het om reëlings te gaan tref by die kredietbeheer department van die munisipaliteit. ‘n Huiseienaar moet ‘n gesertifiseerde kopie van sy identiteitskokument en bewys van inkomste saambring. ‘n Huurder moet ook nog ‘n brief van die huiseienaar of verhuringsagent saambring wat toestemming gee om reëlings ten opsigte van afbetaling te maak.
Alles is darem nie net duister vir die verbruiker nie. Daar is baie maatreëls in plek om vir die verbruiker tot voordeel te wees, soos die maatreëls wat kan seker maak dat die meters se lesings gereeld en op die regte plek geneem word. Die nuwe maatskappy, ETL Geographical Information Services wat as Bires handeldryf, is besig om ‘n strepieskode op elke meter te plaas. Hulle kry die geografiese koördinate van elke meter. Dit neem sowat ses maande om die hele proses vaartbelyn te kry.
“Ons maak van tegnologie gebruik en digitaliseer die hele proses. Dit is ‘n veiligheidsmaatreël om seker te maak die persoon wat die meter lees was fisies op die regte perseel by die regte meter,” sê Fourie.
Hoewel die maatskappy in Pretoria gebaseer is, is daar ‘n kantoor in Burgerstraat 115. Die bestuurder daar is mnr. Manny Netto. “Kom ons probeer die meterlesings effektief doen in die dorp. Ons is hier om die werk reg te doen. Ons het die publiek se samewerking nodig en nooi hulle om met ons te kom gesels. Enige een wat meen dat sy lesings te hoog is, is welkom om die kantoor te besoek of 015 516 1305 te skakel. Ons het nie die kontrak om meters te toets nie, maar ons gaan en neem foto’s en bring dit onder die stadsraad se aandag en ons kry nogal reaksie. Ons stelsel wys lesings wat onnodig hoog is, uit. Ons gaan kyk waar daar afwykings is,” sê Fourie.
Hy sê verder dat wanneer hulle uitgaan om klagtes te ondersoek en foto's te neem, kom hulle baie keer op onwettige aansluitings af, waarvan die huisbewoners partykeer onbewus is.
Fourie het hierdie week gesê dat hy 619 rekenings op die stelsel het wat by die trustfonds van die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging inbetaal word en dat daar ‘n verdere 30 tot 40 rekenings by daardie groep sal bykom. Hulle is nog in die proses om die laaste rekenings te verifieer.
“Die mense van die vereniging hoef nie bang te wees dat hulle krag onnodig afgesny sal word nie, want hulle is op die stelsel aangedui,” sê Fourie.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
