ADVERTISEMENT:

 

Die 24-jarige Tinus Oosthuyse.

Poging tot moord klag teen Tinus teruggetrek

 

News  Date: 07 November 2011

 

Die poging tot moord klag teen die 24-jarige Tinus Oosthuyse van Louis Trichardt is verlede Donderdag teruggetrek.

Tinus het weer saam met sy pa, Martinus Jacobus Oosthuyse (47), en vier van sy pa se werkers, Rodger Chikadzi, Gift Machipisa, David Mapiye en Gilbert Sikhokho Muthelo, op aanklagte van poging tot moord, ontvoering en aanranding in die distrikshof hier verskyn.

Dit volg na Oosthuyse (snr.) se arrestasie in September. Die ses mans is in hegtenis geneem, nadat hulle glo die reg in eie hande geneem het en drie Zimbabwiese mans, wat hulle vermoed het by Oosthuyse se onderneming ingebreek het, agter ‘n bakkie gesleep het. Daar is ook sprake dat die drie beweerde slagoffers aan 'n boom vasgebind is en met pype aangerand is.

Die klagte teen Tinus is laat vaar weens die feit dat daar nie voldoende bewyse is om hom aan te kla nie. Hulle regsverteenwoordiger, me. Steffie van der Westhuizen, het dit aan die Zoutpansberger bevestig.

Intussen sal die vier werknemers in aanhouding bly totdat hulle saak afgehandel is. Borg kan nie aan hulle toegestaan word nie, aangesien hul werkspermitte ten tye van hul aanhouding verval het. Al vier is glo Zimbabwiërs.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines