ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Man wat met meisie lol swaar beboet

 

News  Date: 14 November 2011

 

Nog ‘n man van Louis Trichardt is verlede Woensdag in die Streekhof op Louis Trichardt skuldig bevind aan kindermolestering.

Die 48-jarige Wayne Roper het terreggestaan op ‘n klag van seksuele aanranding, nadat hy 'n vriendin se 12-jarige dogtertjie onsedelik betas het. Dit alles het gebeur op 25 Junie vanjaar.

Die ma en haar dogter het by Roper se huis oorgeslaap. Hulle het die aand daar gekuier. Aldrie het op ‘n matras voor die kaggelvuur aan die slaap geraak.

Die meisie het tydens haar hofverskyning getuig dat Roper gedurende die aand haar denimbroek losgeknoop het en toe aan haar privaatdele gevat het. Sy het die volgende oggend vir haar ma vertel wat gebeur het en hulle het dadelik die saak by die polisie aangegee.

Roper het egter op sy beurt alle skuld in die voorval ontken en getuig dat nie net hy nie, maar die ma en die dogter die aand gedrink het en dat hulle nie by hulle volle positiewe was nie. Hy en die ma het glo bier en whiskey gedrink.

“Sy [die ma] het haar dogter dié aand laat bier drink,” het Roper getuig. “Ek dink drank beheer mens,” het hy verder getuig.

Roper het wel erken dat hy onder die indruk was dat hy aan die ma gevat het, want toe hulle gaan slaap het, het sy langs hom gelê en nie die dogtertjie nie.

Tydens vonnisoplegging het Landdros Pat Cloete gesê dat hy Roper eerder tronk toe sou wou stuur weens sy mog-het-troffe verdediging. Hy het Roper tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is. Buiten vir tronkstraf is Roper se naam ook in die Nasionale Seksoortredersregister opgeneem. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te hanteer en beveel om R40 000 skadevergoeding aan die meisie te betaal.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines