ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Tonie Bekker, oorlede 9 November 2011. Foto verskaf.

Oom Tonie Bekker oorlede

 

News  Date: 21 November 2011

 

“Dit het die Heer behaag om Tonie Bekker op 9 November te neem op die mooi ouderdom van 86 jaar en 6 maande,” skryf sy seun, mnr. Tonie Bekker, oud-skoolhoof en besigheidseienaar. Tonie (junior), 'n sakeman, is die derde geslag naamdraer op Louis Trichardt.

Anthonie Christoffel Bekker is op Naauwpoort in die Kaap gebore, waar hy ook sy vakmanskap in diens van die spoorweë voltooi het. Tonie is in 1953 met Sannie Visser getroud. Met sy afsterwe het die egpaar reeds hulle 58ste huweliksherdenking gevier.

Nadat oomTonie vir ongeveer ‘n halfeeu by die spoorweë en 'n myn in Klerksdorp werksaam was, het die egpaar in 2004 na Louis Trichardt verhuis.

“Vandat ons kan onthou, was hy betrokke by die kerkraad, die bywoning van sinodes en die onderrig van katkisante. Ons sal hom altyd onthou vanweë sy diepe geloof en sy waardes wat gegrond was op die inhoud van die Bybel,” sê die familie.

Oom Tonie het leiding geneem by aksiegroepe vir bejaardes, iets wat hom baie na aan die hart gelê het. In Louis Trichardt was hy ook betrokke by Gister-se-Jeug. Sy stokperdjie was fotografie en baie bruidspare se huweliksgeleenthede is deur hom op film vasgelê.

Wyle mnr. Bekker laat sy vrou, vyf kinders, 17 kinders en 4 agterkleinkinders agter.

Die familie bedank graag  spesiaal vir Marie, Antoinette, Elze-Marie, Cornelia en Henna vir hulle onbaatsugtige liefde en bystand, asook vir Nic en Martie le Roux, Johan van Dyk , Caryn Wright en huishulp Fransien Malatje. Die mediese dokters Badenhorst, Geigher, Malan en Venter word bedank, asook ds. Kriel, past. Johan Maree en past. Palmer vir die besoeke en gebede. “Vea Bekker, dankie vir jou onbaatsugtige bystand en versorging en ook vir al die reëlings. Dankie vir die bemoedigende woorde van elkeen wat met ons bemoeienis gemaak het,” sê die familie.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines