ADVERTISEMENT:

 

Nog ´n verskaffer wat bedank is vir hul volgehou ondersteuning aan die Zoutpansberg Privaathospitaal was Derik Prinsloo (regs) van Elect2Temp op Louis Trichardt. By Derik is dr. Anton Stroebel van die hospitaal.

Hospitaal vier 10 jaar

 

News  Date: 21 November 2011

 

Die Zoutpansberg Privaathospitaal in Louis Trichardt het vanaf 4 tot 6 November op ‘n vrolike wyse hul tiende bestaansjaar gevier. Terselfdertyd het die hospitaalbestuur ook hul toekomsplanne onthul.

Feesvieringe het die Vrydag afgeskop met ‘n personeelfunksie wat by die Cloud’s End Hotel net buite Louis Trichardt gehou is. Personeellede, van die skoonmakers tot die verpleegsters, het ‘n spanbou gehad in die vorm van ‘n tradisionele tromsirkel, aangebied deur Enigma van JHB.

Saterdag is die hospitaal se direkteure en dokters getrakteer met ‘n ete by die Mountain View Hotel met gaskunstenaar Nicole de Wet. Drie sertifikate van waardering vir uitstekende diens is oorhandig aan die hospitaal se beste diensverskaffers. Hulle was Amanda Brooke-Smith van Tsonga Textiles, Dennis Schnehage en Vicky Richardson van die Cloud’s End Hotel en Derik Prinsloo en Arno Meiring van Elect2Temp en Elect2Plumb.

Tydens dié ete het dr. Anton Stroebel ‘n kort oorsig van die hospitaal se 10 jaar op die dorp gegee. Verlede jaar was die hospitaal gelukkig genoeg om die oop erf langs die huidige perseel aan te koop, waarop die nuwe uitbreidings sal plaasvid. Hy het ook ‘n argiteksvoorstelling van die beoogde uitbreidings gewys.

Die feesvieringe is afgesluit met ‘n dankseggings- en toewydingsdiens Sondag, 6 November, waartydens Dalene van Niekerk (Agapé) die personeel en publiek toegespreek het en Marcelle en Bernice vir mooi sang gesorg het.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines