ADVERTISEMENT:

 

Hemel se sluise maak oop

 

News  Date: 30 January 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Goeie reën die afgelope week oor groot dele van die Soutpansberg-distrik het welkome verligting gebring vir wild- en veeboere in die droogtegeteisterde gebiede noord en suid van die berg.

Neerslae van oor die 60mm is onderskeidelik op Louis Trichardt, Levubu, Musina en Tshipise aangeteken. Levubu het die meeste reën gemeet. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerburo se kantoor in Polokwane is daar tussen Woensdag verlede week en Woensdag vandeesweek 121mm reën gemeet op Levubu.

In die ooreenstemmende tydperk is 73mm op Louis Trichardt gemeet, terwyl 65,5mm reën by Tshipise uitgesak het. Musina se reëntotaal die afgelope week het op 60,7mm te staan gekom.

Wat die totale reënvalsyfers vir die afgelope maand betref, is daar tot op 28 Januarie altesaam 146,4mm op Levubu gemeet. In die ooreenstemmende tydperk is 'n totaal van 121,7mm op Louis Trichardt, 65,7mm op Tshipise en 62,6mm op Musina gemeet.

Die reënneerslae het ook 'n goeie uitwerking gehad op die stand van Louis Trichardt se vernaamste bron van water, die Albasinidam. Sedert 6 Januarie vanjaar, toe die vlak van die Albasinidam op net oor die 45% gestaan het, het die vlak van die dam verlede week tot net oor die 47% gestyg. Die dam se vlak het die afgelope week verder gestyg, alhoewel 'n spesifieke syfer teen druktyd nie beskikbaar was nie.

Dit is veral boere wat hul blydskap uitgespreek het oor die reën. Agter die berg beloof die neerslae om goeie grassaad-stimulasie tot gevolg te hê. Na wat verneem word, het goeie reënneerslae uitgesak tot digby Ellisras.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines