ADVERTISEMENT:

 

Gewapende rowers teiken Levubu

 

News  Date: 30 January 2004

 

LEVUBU – Die sakegemeenskap van Levubu was die afgelope week die teiken van drie afsonderlike gewapende rooftogte.

'n Tak van P&L Hardeware en 'n tak van ABSA-bank het in die eerste twee rooftogte op Maandag deurgeloop, terwyl 'n derde rooftog Dinsdag naby Tshakuma plaasgevind het.

Polisiewoordvoerder kaptein Alwei Mushawanamadi het by navraag gesê daar is aanduidings dat die drie rooftogte met mekaar verband hou. Dieselfde modus operandi is in al drie die gevalle gevolg.

Volgens die polisie was vyf rowers vermoedelik betrokke by die eerste rooftog, terwyl verslae oor die tweede rooftog die getal rowers op ses tot agt stel. Die rowers was gewapen met AK47- en R5-gewere. Hulle het 'n sekuriteitsvoertuig aangehou wat geld na die ABSA-agentskap op Levubu gebring het. Die aanvallers het met nagenoeg R140 000 weggekom in twee gesteelde voertuie. Die een voertuig, 'n Audi, is vroeër in Hammanskraal gesteel en die ander, 'n CitiGolf, is in Noordwes as gesteel aangemeld. Die twee voertuie is deur die polisie gevind, waar dit deur die rowers agtergelaat is. Die rowers is egter nog op vrye voet.

Die derde rooftog het Dinsdagoggend omstreeks 03:00 op Tshakuma, in die Levubu polisiearea voorgekom. Sowat R5 400 is gebuit deur ses rowers met gewere en handwapens. Niemand is in enige van die drie gewapende voorvalle beseer nie.

Die polisie het versoek dat enigiemand met inligting oor die bewegings van die misdadigers onmiddellik met die naaste polisiestasie in verbinding tree.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines