

ADVERTISEMENT:

Boere van die streek ondersteun Hennie Bonnema se seuns, Hendrik en Pieter (met hul rûe na kamera), buite die Vuwani Landdroshof.
News in brief Date: 31 October 2016
Die mans, wat daarvan verdink word dat hulle verantwoordelik was vir die moord op mnr. Hennie Bonnema (62) van Levubu, sal vandag in die Vuwani Landdroshof verskyn.
Boere van die omgewing het Maandagoggend (31 Oktober) van vroeg af voor die hof bymekaar gekom, om hul ondersteuning aan die Bonnema-familie te toon. ‘n Verteenwoordiger van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie sou ook na verwagting die staatsaanklaer in die saak nader met ‘n versoek dat die drie verdagtes borg geweier word.
Provinsiale polisiewoordvoerder lt-kol Moatshe Ngoepe het verlede Vrydag bevestig dat die drie mans in hegtenis geneem is in verband met die moord op Bonnema. Hy het gesê die mans se ouderdomme is 24, 31 en 33.
Volgens die polisiewoordvoerder in Levubu a.o. Solly Mokola is die mans naby Mashau gearresteer, nadat die polisie inligting van die gemeenskap opgevolg het. Dit is nie ver van Bonnema se plaas, Beaufort F 10, in Levubu nie.
Volg die Zoutpansberger vir meer besonderhede.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
