

ADVERTISEMENT:

Tientalle oormerke (tags) is gevind waar ou beesvelle weggegooi is langs die toegangspad van die nuwe munisipale stortingsterrein.
News in brief Date: 01 November 2016
ONDERSOEK:
Nadat Makhado munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi na inwoners wat onwettig hul vullis langs die toegangspad na die “nuwe” stortingsterrein gooi as onverantwoordelike lafaards verwys het, het die koerant gaan ondersoek gaan instel hoe die situasie daar uitsien.
Die Makhado Munisipaliteit het gesê inwoners wat hulle vullis net sommer neergooi waar hulle wil is lafaards wat – as hulle op heterdaad betrap word – voor stok gekry sal word. Selfs dierlike oorskot van slaghuise en abattoirs word ook reeds langs die pad gestort. ‘n Kort video is gemaak van die morsige toestand van die nuwe vullisterrein.
Die mees skokkende feit is egter dat die “nuwe” stortingsterrein steeds nie voltooi is nie. Dit moes twee jaar gelede reeds geopen het.
Lees in hierdie week se Zoutpansberger die volle verslag.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
