

ADVERTISEMENT:

Sean WolfF se bakkie wat gisteraand, 2 November, laat teruggevind is naby Musina. Foto verskaf.
News in brief Date: 03 November 2016
Dit is nie aldag dat ‘n kapingsdrama ‘n gelukkige einde het nie.
Kapers het gisteraand (2 November) mnr. Sean Wolff se bakkie gekaap naby die Witvlagpad, waar dit voor ‘n plaashek geparkeer was. Die kapers het blykbaar vir Wolff forseer om die sleutels van die bakkie aan hulle te oorhandig en hom op die agterste sitplek van die bakkie geboender en weggejaag.
Na ‘n ruk het die kapers hom in die Nzhelelegebied vrygelaat en sy skoene gevat. Wolff kon daarin slaag om deur die bosse te stap en by ‘n kliniek uit te kom waar hy sy pa gebel het.
Die Soutpansberg Plaaswag Voorsittersgroep het vanoggend bevestig dat Wolff se bakkie laat gisteraand naby Malalasdrift buite Musina gevind is.
Wolff is nie beseer in die voorval nie, maar het in die hospitaal oornag, waar hy behandeling ontvang het vir erge skok.
Intussen is die Toyota Hilux bakkie van Johan en Liana van Rooyen, wat vroeër in die week gesteel is, steeds soek. Die egpaar se wit Toyota Hilux dubbelkajuit bakkie, met registrasienommer DFC 182 L, is Maandag voor hul besigheidsperseel in Songozwistraat gesteel .
As die bakkie opgemerk word kan die Makhado Polisiestasie geskakel word by tel. 015 519 4300 of die Soutpansberg Dorpswag by 082 251 0827.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
